Om in ons wêreldwye ambisie te voorsien, bring ons ’n neurale netwerk van navorsing-en-ontwikkeling-fasiliteite tot stand wat produkte sal lei wat wêreldwyd tegnologies superieur en onderskeidend is. Ons trekkers werk op plase in meer as 40 lande, danksy volgehoue vennootskappe met Sampo Rosenlew, Mitsubishi en Hisarlar. Dit is maar net die begin van ons wêreldwye groeiverhaal.
Mahindra het allermoderne navorsings-, ontwerp- en ontwikkeling-fasiliteite in –
Indië
Turkye
Japan
Finland
Aanvanklike belegging: 76,5+ miljard
Ingenieursmag: 2500+
Getal laboratoriums: 32
Patente in Indië: 626
Patente internasionaal 106
Gepatenteerde mCRD™-tegnologie Mahindra se gemeneleiding-dieselenjings spog met hoër werkverrigting, is minder ingewikkeld, en bied skoner uitlaatgasse teen laer koste.
Bestuurderlose trekkertegnologie: Nuwe standaarde in die meganisasieproses vir boere met klein oppervlakke wêreldwyd
Smart Eye Drive-tegnologie: ’n Kostedoeltreffende, hoogs akkurate outostuur-stelsel.
Digisense: ’n Slim tegnologiese oplossing waarmee Mahindra-trekkereienaars die meganiese toestand van hul trekkers kan monitor en berigte daaroor kan kry – te eniger tyd en op enige plek.
Trringo: Indië se eerste digitale platform om trekkers en plaasmasjiene te huur, wat boere in staat stel om tegnologie op aanvraag te kry.
1. Fokus op nuwe tendense
a. Gepatenteerde mCRD™-tegnologie Mahindra se gemeneleiding-dieselenjings spog met hoër werkverrigting, is minder ingewikkeld, en bied skoner uitlaatgasse teen laer koste.
b. Bestuurderlose trekkertegnologie: Nuwe standaarde in die meganisasieproses vir boere met klein oppervlakke wêreldwyd
c. Smart Eye Drive-tegnologie: ’n Kostedoeltreffende, hoogs akkurate outostuur-stelsel.
d. Digisense: ’n Slim tegnologiese oplossing waarmee Mahindra-trekkereienaars die meganiese toestand van hul trekkers kan monitor en berigte daaroor kan kry – te eniger tyd en op enige plek.
e. Trringo: Indië se eerste digitale platform om trekkers en plaasmasjiene te huur, wat boere in staat stel om tegnologie op aanvraag te kry.
2. Verfynde ontwerp
a. Die boerderydivisie fokus tans daarop om oplossings vir verbruikers aan te pas. Ons toetsfasiliteite is die beste in die wêreld, en baie van ons toetse is deur die NABL gesertifiseer.
b. Ons verseker dat elke stap doeltreffend uitgevoer word, wat produksieproewe, eksperimente en evalueertyd by die ontwikkeling van nuwe produkte verminder. So help ons verbruikers om die voordele van nuwe tegnologie vinniger te verkry.
c. Die homologeertoetsfasiliteit by die vermoeidheidstoetsing-laboratorium, met sy oorrolbeskerming-struktuur, is slegs één van die Indiese OEM’s wat deur NABL (Indië), TUV Nord (Duitsland) en VCA (VK) gesertifiseer is.
3. Bande met akademia
Mahindra bevorder uitnemendheid by studente om vindingryke idees en deurbrake te bevorder. Daarom borg ons die Departement Biologiese en Landbou-ingenieurswese van die Kansas State University, VSA se Ingenieurskollege.
Kragoorbringing-ontwikkelingsentrum
Prototipebou
• Protokol, bou en aftakeling
• Maatstafmeting
• Enjinvoorbereiding
Duursaamheidstawing
Die duursaamheidslaboratorium speel ’n belangrike rol by die stawing van enjinvermoëns volgens elke klant se werklike gebruikspatrone, deur alle dienssiklus-vereistes te simuleer.
Prestasie- en emissiestawing
Ons oorgangs- en bestendige soort toetsing behels uitstootmeting, verbrandingsontleding-toerusting, rookmeting, deeltjiemeting, en gekondisioneerde lug (temperatuur / druk / humiditeit). Ons aftaktoetslaboratorium is NABL-geakkrediteer vir trekkervlak-toetse van aftakkrag, brandstofekonomie en koelingsprestasie.
Mahindra Research Valley
Die Mahindra Research Valley (MRV) is geleë op die 125 acre groot Mahindra World City in Chennai. Dit is die tuiste van meer as 2500 ingenieurs, ontwerpers en denkers. Mahindra Research Valley is ontwerp deur die bekende argitek Charles Correa. ’n Belegging van meer as $150 miljoen getuig van die Mahindra-groep se verbintenis tot tegnologiegedrewe innovasie.
Gevorderde laboratoriums by MRV
Ruis/vibrasie/strafheid- (NVH) laboratorium
By allermoderne NVH-fasiliteit by MRV verseker ons dat ons aan die beste NVH-gerief vir klante voldoen en in pasgemaakte markvereistes kan voorsien. Die semi-eggovrye kamer en enjindinamometer dra tydens die produkontwikkelingsiklus by tot NVH-ontwikkeling deur die meeste werklike gebruikstoestande na te boots.
Protomasjien-werkswinkel
Hier word masjienonderdele met ’n fokus op hoë gehalte gegiet en daarna volgens verskeie aanwendings getoets deur hulle op trekkers te gebruik. Hierdie proses help ons om die werklike ontwerp én die gehalte en prestasie van die trekkers beter te verstaan.
Vermoeidheidstoetsing-laboratorium
Om die werkverrigting en krag te evalueer, ondergaan die boerderytoerusting toetsing in ’n versnelde toetsbaan met ’n nagebootste omgewing vir optimale gehalte en prestasie. Die homologeertoetsfasiliteit by die vermoeidheidstoetsing-laboratorium, met sy oorrolbeskerming-struktuur, is slegs één van die Indiese OEM’s wat deur NABL (Indië), TUV Nord (Duitsland) en VCA (VK) gesertifiseer is.
Stelselevaluasie-laboratorium
Hierdie laboratorium se hooffokus is lewering van nuwe trekkerprodukte, náontwerp-bevestiging, en stelselvlak-stawing. Die trekkers ondergaan werkverrigting- en duursaamheidstoetse volgens Mahindra-, IS- en ISO-standaarde. Die laboratorium fokus ook op die ontwikkeling van nuwe toetsmetodes, falingsnabootsing, en rekenaargesteunde teenoor fisiese verwantskappe, uitgevoer volgens ware gebruikspatrone (RWUP). Altesaam 15 toetse van die Die stelselevaluasie-laboratorium is deur NABL geakkrediteer, en die hidrouliese werkverrigtingtoets is deur die VCA geakkrediteer.